Ramen

Sag en lig
‘n Oseaan in my noedelbakkie
Sagte spinasie wieg soos seewier
My lepel, die duikboot, soek diep vir skatte
A-ha! ‘n Vars pienk garnaal swem deur.
Hy skuil agter die ‘n wortel!
My lepel bring skatte, ryker as seerowers,
wortels, vis, bok choi, ui, spinasie en krullerige inkvis!
Laat ons nie vergeet van die goue noedels nie.
Soos Raponsie se hare tuimel dit uit die hoogte van my geligte lepel…
beste om weer te probeer
Smaak en tekstuur ontplof in my mond…
die klokke lui in die hemel.
Daar is ‘n kuns aan kos
Dit is ‘n kuns om dit te geniet…
deur Izzy Dooley (Klas 12)